By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 19 Jan 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Ramaphosa loods miljardrandbehuisingsprojek in die Noord-Kaap
President Cyril Ramaphosa
het gister die behuisingsprojek van een miljard rand in Kimberley in die
Noord-Kaap van stapel gestuur. Die president sê die fondse is verkry uit die
Ontwikkelingstoelae vir Menslike Nedersettings, en deur die provinsie wat ‘n
lening van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika verkry het. Meer as
vierduisend huise sal na verwagting as deel van die eerste fase van die projek
gebou word. Dit sal na verwagting oor die volgende 12 tot 18 maande voltooi
wees. Ramaphosa sê die projek is deel van die regering se plan om informele
nedersettings en ongeskikte behuisingstrukture uit te roei. Hy het bygevoeg dat
die werk deur plaaslike kontrakteurs gedoen sal word.