By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 19 Jan 2024Language: AfrikaansCategory: Education
Die departement is trots op die matriekklas van 2023
Die
minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het gisteraand aangekondig dat
die matriekklas van 2023 ‘n slaagsyfer van 82-komma-nege persent behaal het. Dit
is ʼn styging van twee-komma-agt persent teenoor verlede jaar se 80-komma-een
persent slaagsyfer. Altesaam 715-duisend-719 voltydse en 182-duisend-056
deeltydse kandidate het geregistreer om die 2023 eksamen af te lê. Die minister
sê Vrystaat is weer die provinsie met die hoogste slaagsyfer van
89-komma-nul-drie persent.