By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 25 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Noord- Kaapse onderwys departement LUR besoek vandag ouers op Steinkopf
Die
LUR vir Onderwys in die Noord- Kaap, mnr Zolile Monakali gaan vandag die Fortuin-
en Britz-gesinne besoek op Steinkopf om 11h00. Albei families het hul seun s'n
die afgelope naweek tragies verloor. Die
twee seuns, Eldré Fortuin en Dylan Britz, albei sewe jaar oud, het in 'n
riooldam op die dorp gaan swem en toe verdrink. Ronel Brandt, die ma van Eldré,
het bevestig dat haar seun se liggaam eerste deur die soek-en-reddingswerkers
gevind was. Die LUR sal vergesel word deur die Uitvoerende Burgemeester van die
Namakwa-distrik, mnr Mervin Cloete en Parlementslid, mev Sandra Beukes om hul
medelye namens die Regering aan die families oor te dra.
Related News