By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 25 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Burgemeester Cornell Knoph skop af met sy Back to School- uitreik
Burgemeester
Cornell Knoph vergesel deur Richtersveld Munisipaliteit Raadslede: het
onderskeidelik die Burgemeester se Back To School uitreik-program by Hoërskool
Port Nolloth en Hoërskool Alexanderbaai afgeskop. Burgemeester Knoph wens die
Matriekklas van 2023 geluk en moedig die Matriekklas van 2024 aan om voort te
bou op die sukses van hul voorgangers. Burgemeester Knoph het in sy toespraak
erkenning gegee aan Onderwysers wat elke dag hul beste gee om ons kinders op te
voed deur kwaliteit onderwys. Hy het egter beklemtoon dat onderwys nie net op
die skouers van onderwysers is nie, maar op elke huishouding, gemeenskap en
rolspeler in die Richtersveld Munisipale Jurisdiksie. Burgemeester Knoph gaan
môre skootrekenaars oorhandig aan die top presterende matrikulante in die
Richtersveld munisipaliteit.
Related News