By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 26 Jan 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Rolspelers vergadering om oplossing te vind vir water probleem op Pella
Die Munisipaliteit onder leiding van die burgemeester
Estella Cloete het gister met belanghebbendes vergader onder andere Coghsta,
Vaal Central Water en Vedanta. Die doel van die vergadering is om ‘n gemeenskaplike oplossing te vind vir die
huidige wateruitdagings wat Pella raak. In die vergadering is 'n onderneming
aangegaan om waterhouers aan die geaffekteerde hoogliggende gebiede beskikbaar
te stel vir die intermediêre, terwyl 'n permanente oplossing gesoek word. Daar
is verder besluit dat 'n tegniese taakspan saamgestel sal word met tegniese
kundiges van alle betrokke belanghebbendes om advies te gee en te help om 'n
langtermynoplossing vir die probleem te vind.