By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 26 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Vedanta Zinc International staan Khâi-Ma Munisipaliteit by met die instandhouding van hul vloot
In November 2023 het Vedanta Zinc
International begin met hul “Adopt-A-Vehicle”-veldtog waar Black Mountain
Mine Complex in vennootskap met die sakevennote daartoe verbind het om die
Khâi-Ma Munisipaliteit by te staan met die instandhouding van hul vloot. VZI se
vennootskap met die Khâi-Ma Munisipaliteit en hul sakevennote is die sleutel
tot die skep en instandhouding van 'n volhoubare omgewing waar gemeenskappe kan
floreer. VZI is trots op Afriline wat die munisipaliteit se rioolvragmotor
‘aangeneem’ het en meer as R85 000 vir die herstelwerk belê het. Hulle het
onlangs die vragmotor aan die munisipaliteit oorhandig vir Veilige
dienslewering in die omgewing. John Reed, Afriline se kontraktebestuurder en
uitvoerende hoof het gesê: “Afriline is trots daarop om die plaaslike
gemeenskappe waarin ons bevoorreg is om te werk te belê, te ondersteun en op te
hef. Ons streef daarna om lang stabiele werksgeleenthede vir ons plaaslike
personeel en plaaslike ondernemings te bou so prakties moontlik.”
Related News