Die Khâi-Ma Plaaslike Munisipaliteit het gister sy eerste Raadsvergadering van 2024 by die Munisipale Raadsaal in Pofadder belê. Die sessie het belangrike sake aangespreek wat deurslaggewend is vir die munisipaliteit se bestuur en aanspreeklikheid. Een van die beduidende hoogtepunte van die vergadering was die aanbieding van die munisipale oudituitkoms vir die 2022/2023 finansiële jaar deur die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OGSA). Die munisipaliteit het 'n omvattende oudit ondergaan, en het 'n gekwalifiseerde ouditmening ontvang. “Ons ouditmening het gekwalifiseerd gebly soos per vorige jaar, dus het ons nie agteruitgegaan nie,” het die munisipaliteit gesê het.