By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 13 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Radio Nfm omroepers gaan Wêreldradiodag vier op Carolusberg
Wêreldradiodag, word vandag gevier en is 'n geleentheid om
radio as medium te vier. Dit is 'n kans om internasionale samewerking tussen
radio-uitsaaiers te bevorder, om groot netwerke en plaaslike radiostasies aan
te moedig om toegang tot inligting en vryheid van uitdrukking te bevorder. Wêreldradiodag
het 'n aantal doelwitte, naamlik: om bewustheid onder die algemene publiek en
die media te kweek oor die waarde van staatsdiensklank; om besluitnemers aan te
moedig om gratis, onafhanklike, pluralistiese radio te bevorder en om netwerke
en internasionale samewerking tussen uitsaaiers te versterk. Vandag gaan Radio
Nfm saam met die gemeenskap van Carolusberg kuier om die gemeenskap die gevoel,
opvoeding, kennis en praktiese kant van radio te leer ken.
Related News