By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 13 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
NFM vier Wêreld Radio Dag met inwoners van Carolusberg
Die gemeenskap van Carolusberg en die Speaker van die Nama
Khoi plaaslike munisipalieit, Rodney Kritzinger het vandag, 13 Februarie by die
Radiospan van NFM asook sy meer as eenhonderd duisend luisteraars aangesluit,
Om Wêreld Radio Dag te vier. Die spesiale dag word hierdie jaar herdenk onder
die tema, "Radio: 'n Eeu van inlig, vermaak en opvoed". Vanjaar se tema beklemtoon die ryk
geskiedenis en diverse bydrae van radio tot ons samelewing. Die Tema sluit ook
perfek aan by Radio NFM se visie- en misie-verklaring, om op te voed, in te
lig, te bemagtig noen te vermaak. NFM het lekker met die gemeenskap gaan kuier
en ook die geleentheid gebruik om blik te skud tussen die mense deur. Baie
luisteraars het vanoggend tydens stuur n briefie program laat hoor wat radio
Vir hulle beteken. NFM voel egter nederig Om weer haarself te verbind tot die
groei van gemeenskap deur middel van Radio, as medium vir kommunikasie.
Related News