By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 13 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Nie alle huishoudings gratis eenhede krag ontvang nie
Die
Nama Khoi munisipaliteit wil die aandag vestig op ‘n belangrike kwessie
betreffende die toekenning van gesubsieerde elektrisiteitseenhede aan inwoners
van die munisipale gebied. Dit het onder die munisipaliteit se aandag gekom dat
‘n aantal huishoudings wat geregtig is op 50 gratis eenhede elektrisiteit nie
diè voordeel ontvang nie. Die munisipaliteit stuur maandeliks ‘n opgegradeerde
lys van begunstigdes wat geregtig is op die gesubsidieerde eenhede aan Eskom.
“Ons het reeds ‘n skrywe aan eskom klïentediens vir die Noord- Kaap Provinsie
gestuur om die nodige regstellings aan te bring,” het die munisipale bestuurder
gesê.