By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 13 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Mentorskap program tussen die graad 12’s en graad 8’s van Hoërskool van Namakwaland
Die klas van 2024 en
die klas van 2028 het 'n spesiale band by Hoërskool Namakwaland. Donderdag, 8
Februarie 2024, het die graad 12-leerders hulle Baba-Bokkies in graad 8
amptelik aangeneem as deel van 'n mentorskapprogram. Die graad 12-leerders bied vir die graad 8-
leerders ondersteuning, raad en leiding soos hulle die hoërskool ingaan. Hierdie
tradisie bou bande en 'n liefde vir die skool en mede- Bokkies. “Mag die
program dié jaar weer die graad 8- Bokkies help om die uitdagings en ondervings
van hoërskool suksesvol aan te pak en ook die tradisie in 2028 voort te sit.”