By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 14 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Namakwa Distriksmunisipaliteit het ‘n suksesvolle Tegniese Inter-regeringsverhoudinge vergadering aangebied
Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het gister haar Tegniese
Inter-regeringsverhoudinge- en IDP Rep-forum by die munisipaliteit
aangebied. Die vergadering is bygewoon deur verskeie rolspelers en plaaslike
munisipale bestuurders, asook die senior bestuurders van die Namakwa
Distriksmunisipaliteit. Die vergadering was onder voorsitterskap van die
munisipale bestuurder van NDM, mnr Sydney Adams met medevoorsitter, me
Samantha Titus-Tatas, munisipale bestuurder van die Khai Ma-munisipaliteit. Die
voorsitter het die vergadering met 'n inleidingsronde geopen en 'n
verwelkomende woord aan alle teenwoordigers gedeel. Hy het die belangrikheid
van bywoning van die Tegniese IGR beklemtoon, aangesien dit 'n platform
is waar verskillende rolspelers en munisipaliteite die geleentheid het om
kennis en strategieë te betrek en uit te ruil, asook om terug te rapporteer aan
die Politieke IGR.
Related News