Die kantoor van die uitvoerende burgemeester onder leiding van mnr Mervin Cloete, maak bekend dat hulle bewus is van gesprekke wat navore gekom het op sosiale platforms aangaande die uitkoms van beursaansoeke vir studies by die Maritieme Universiteit in Vietnam. Aan die begin wil die kantoor hul onwrikbare toewyding tot jeugontwikkeling en die kweek van loopbaan gereedheid binne die Namakwa gemeenskap bevestig. Die kantoor het vasberade pogings aangewend om opvoedkundige en werksgeleenthede te bevorder, met die doel om die jeug van Namakwa aan te moedig om hul drome en asperasie na te streef. “Ongelukkig staar ons tans ‘n aansienlike uitdaging in die gesig: ‘n gaping tussen die beskikbare geleenthede en die aktiewe deelname van ons jeug, vererger deur die gebrek aan ondersteuning van alle lede van die gemeenskap,” het die kantoor gesê.