By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 20 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Nama Khoi-munisipaliteit stel die gemeenskap in kennis van 'n beplande watertoevoeronderbreking
Nama Khoi-munisipaliteit wil namens
die Vaal Sentraal Water die gemeenskap in stel van 'n beplande
watertoevoeronderbreking. Dit is nodig om die verbyvloeipyplyn met die
bestaande opgegradeerde pyplyn te verbind. Die nuwe verbyvloeipyplyn sal 'n
hoër watertoevoerdruk moontlik maak wat reservoirs in staat sal stel om meer
effektief te herstel na toekomstige onderbrekings en beurtkrag. Die
voorgestelde datums en tydperke vir die beplande onderbrekings is soos volg: Skedule
2 - Okiep-skakel begin vanaand om 18:00 en sal op môreoggend om 06:00 eindig.