By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 20 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Kragonderbreking vind tans plaas in Lydia Links Park in die Richtersveld Munisipaliteit
Die huidige kragonderbreking wat Lydia Links Park in die Richtersveld
Munisipaliteit ervaar is weens kabels wat gesteel is. Kabel diefstal is een van
die munisipaliteit grootste uitdagings en daarom doen hulle 'n ernstige beroep
op die gemeenskap van Port Nolloth om asseblief navore te kom indien hulle weet
wie die kabels steel. Lydia Links Park sal weer krag hê sodra die kabels
vervang is.
Intussen nooi die burgemeester, Cornell Knoph die gemeenskap
van Wyk 6 uit na ‘n gemeenskapsvergadering wat gehou sal word op Donderdag, 22
Februarie 2024. Dit sal plaasvind in die Drop Inn Centre, Port Nolloth om
17:30. “U teenwoordigheid sal hoog op prys gestel word,” het Knoph gesê.
Related News