Die Kommunikasieforumvergadering is gelei deur burgemeester Knoph by Richtersveld Munisipaliteit Raadsale, Port Nolloth. Burgemeester Knoph het Port Nolloth-stasiebevelvoerder Kolonel Moyo gelukgewens met die uitstaande prestasie as die beste Polisiestasie in Suid-Afrika. Tydens die ontmoeting was daar 'n oomblik van stilte gehaou die soektog van die 7 jarige dogter Joslin Smith, van Saldanhabaai, se soektog wat steeds plaasvind. Verskeie rolspelers het aktiwiteite gelys wat in gemeenskappe plaasvind, uitdagings geïdentifiseer en mylpale aangekondig wat tot dusver bereik is.