By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 27 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Onseepkans beskuldigde gevonnis vir moord
Die
SAPD-bestuur verwelkom die skuldigbevinding en vonnis wat deur die
Pofadder-streekhof aan 'n gewelddadige misdadiger opgelê is. Op Dinsdag, 12
Oktober 2021, het die 36-jarige oorledene, Pietman Blom en die 40-jarige
beskuldigde Friheinco Titus 'n argument oor 'n selfoon gehad. Polisiewoordvoerder,
Sersant Molefi Shemani het gesê dat die verdagte is na die oorledene se huis in
Melkbosrand in Onseepkans en het hom ernstig aangerand wat tot sy dood gelei
het. ’n Saak van moord is aanhangig gemaak en die beskuldigde is gearresteer. “Op
Maandag, 19 Februarie 2024 het die Pofadder-streekhof Friheinco Titus skuldig
bevind, en op Vrydag, 23 Februarie 2024 is hy tot twaalf jaar direkte
gevangenisstraf vir moord gevonnis,” het Sersant Shemani gesê.
Related News