By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 01 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Noord-Kaapse polisie handhaaf wet en orde tydens provinsiale rede
Noord-Kaapse
wetstoepassingsagentskappe het die veiligheid van alle gaste en bywoners by die
provinsiale rede verseker. Die rede is by die Mitta
Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley gehou. ‘n Polisiewoordvoerder,
kolonel Cherelle Ehlers, sê gaste is formeel deur ‘n optog verwelkom.