By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 01 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Beskuldigde gevonnis vir verkragting
Die De
Aar-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 24-jarige man Dinsdag tot tien jaar
direkte gevangenisstraf vir verkragting gevonnis. Freddy de Bruin is in 2022 in
hegtenis geneem vir die verkragting van ‘n 21-jarige vrou. Die slagoffer het
geslaap toe sy besef ‘n vriend van haar kêrel verkrag haar. Sy het daarin
geslaag om De Bruin van haar af te druk en ‘n saak teen hom aanhangig te maak. ‘n
Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê De Bruin is onbevoeg verklaar
om ‘n vuurwapen te besit. Polisielede verwelkom die vonnis wat opgelê is.