By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 19 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Noord-Kaapse polisie waarsku inwoners om uiters versigtig by waterkanale te wees
Die
Noord-Kaapse polisie waarsku inwoners om uiters versigtig by waterkanale te
wees. ’n Man se liggaam is uit ’n kanaal gehaal vier dae nadat hy verdrink het.
Die 35 jarige Jean Klaasens en ’n vriend was besig om vis te vang toe hy
Dinsdag (12/3) in Bonitapark, Hartswater, in die kanaal geval het. Sy
hengeltoerusting het in die water geval en hy het ook in die water beland. Sy
vriend kon hom nie uit die water trek nie. “Die soek-en-reddingspan en
die polisie van Hartswater het sy liggaam Vrydag uit die kanaal naby
Lamoenkop-hoewes op Hartswater gehaal,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse
polisiewoordvoerder. Die Noord-Kaapse polisie is bekommerd oor die
onlangse toename in verdrinkings.