By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 02 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Samewerking vir ‘n verbeterde Namakwa distrik
Die Namakwa
distriksmunisipaliteit herinner die gemeenskap van die distrik dat terwyl ons
oor die betekenis van Paasfees nadink, word ons herinner aan die uiteindelike
offer wat deur Jesus Christus aan die kruis gemaak is en die hoop wat sy
opstanding vir ons almal bring. Die distrik hoop dat die pas afgelope Paasnaweek
'n tyd van refleksie, vernuwing en vreugde vir u en u geliefdes was. “Mag die
boodskap van Paasfees ons voortdurend inspireer om mekaar lief te hê en saam te
werk vir die verbetering van ons distrik,” het die uitvoerende burgemeester
mnr. Mervin Cloete gesê.