Tydens gister se personeelvergadering by die Namakwa distriksmunisipaliteit het mnr. Sydney Adams, die Munisipale Bestuurder, mnr Colwin Brown bedank vir sy jare lange diens by die instansie. Hy het ook vir mnr Brown sterkte toegewens op sy nuwe lewenspad. Daar is groot waardering vir alles wat mnr Brown gedoen het die afgelope 20 jaar. Mnr Brown het die kollegas bedank vir die vrienskapbande wat hy oor die jare opgebou het. Hy het ook die raad bedank vir die geleentheid om die instansie te dien vir die afgelope 20 jaar. “Mnr Brown los n groot leemte in die finansies department sowel as in die instansie,” het mnr Adams gesê.