By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 09 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Operasie Vala Umgodi begin met ‘n uitreikingsprogram in Kleinzee
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens Operasie Vala Umgodi-span, in
samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Sektor 3 en Noord-Kaapse
Bataljon Gesamentlike Taakmag, wat ontplooi is om onwettige mynbedrywighede in
die Namakwa-distrik aan te spreek. Die span het gesamentlik skooldrag aan leerders by die Kleinzee Gekombineerde skool geskenk op Vrydag, 05 April 2024. “SAPD-lede onder die ondersteuningsbevel van luitenant-kolonel Monwabisi Qunta en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag onder die bataljonbevel van luitenant-kolonel Tuelo Kgaje het skoolskoene vir een-en-veertig (41) laer- en sekondêre skoolkinders gekoop,” Sersant Molefi Shemane, polisiewoordvoerder gesê. Die span het ook toiletware en sanitêre handdoeke aan die leerders geskenk.
Related News