By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 11 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Rampkomitee maan publiek om op hoogte te bly van weervoorspellings
Die
Noord-Kaapse Rampbestuurskomitee doen ‘n beroep op die publiek om op hoogte te
bly van weervoorspellings aangesien bykomende reën in die komende dae verwag
word. Dit volg op die LUR van Maatskaplike Ontwikkeling, Nontobeko Vilakazi, se
besoek aan Proteavallei waar huishoudings deur die onlangse reënval geraak is. Vilakazi
het aangekondig dat kospakkies aan die plaaslike sopkombuis verskaf sal word om
te verseker dat inwoners met tot twee maaltye per dag voorsien sal word totdat
hulle na hul huise kan terugkeer.