Die Mothibistad-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 43-jarige man lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ‘n 11-jarige meisie. Die slagoffer en haar broer was die dag van die voorval by Obakeng Kopeledi se woning in Kuruman. Kopeledi het die slagoffer se broer na die snoepie gestuur en voortgegaan om haar herhaaldelik in die broer se afwesigheid te verkrag. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Timothy Sam, sê die beskuldigde sal in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word en ongeskik verklaar word om met kinders te werk.