Gister het die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, saam met die LUR van Onderwys, mnr. Zolile Monakali en lede van die Uitvoerende Raad die Sooidraaiseremonie vir 'n Spesiale Skool in De Aar waargeneem. Hierdie skool sal 'n eerste vir die Pixley ka Seme-distrik wees en sal voorsiening maak vir leerders wat anders bekwaam is. Hierdie inisiatief vorm deel van Provinsiale Regering se planne om te verseker dat elke Distrik sy eie Spesiale Skool het. Hierdie skool sal 'n moderne struktuur wees, toegerus met fasiliteite wat ontwerp is om leerders met spesiale behoeftes te help. Die bou van hierdie skool word op R164 miljoen geraam, en is 'n belegging in die toekoms van die Provinsie.