By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 24 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Miss Drag South Africa Finalis bring "tour de PRIDE" na Springbok
Môre gaan ‘n opwindende Tour de Pride plaasvind in
Voortrekker straat Springbok. Die fietstoer word geinisieer deur Miss Drag
South Africa top 10 finalis en ook mede radio-aanbieder Marsilino LaPont, en
vorm deel van 'n groter geleentheid wat ten doel het om bewustheid te skep oor
geslagsgebasseerde geweld, LGBTQIA+ regte en om Vryheidsdag te herdenk.
Marsilino nooi die luisteraar uit om met hierdie inisiatief bewustheid te skep
en seker te maak dat stemme van gemarginallisseerde inwoners gehoor kan word.
Belangstellendes word gevra om pienk, wit en swart klere aan te trek, te kom
met hul fietse of deel uit te maak van die staptog. Die reis sal om drie uur begin
vanaf Keurstop Garage deur Voortrekkerstraat.
Related News