By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 25 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Khâi Ma Gemeenskapslede kan hul stemme laat hoor vanaand by Radio Nfm se politieke debat
Soos ons gemeenskap gereed maak vir die komende verkiesing
wat gaan plaasvind op 29 Mei 2024, is dit van kardinale belang dat die
gemeenskappe ingeligte besluite nem by die stembus. Om hierdie proses te help
fasiliteer, gaan Radio Nfm se tweede politieke debat vanaand plaasvind in
Pofadder in die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit. Die debat is daarop gemik om
waardevolle inligting te verskaf om gemeenskapslede te help om die regte keuses
te maak met betrekking tot hul stem. Die primêre doel van hierdie debat is om
die Namakwa- distrik se gemeenskapslede te bemagtig met die inligting wat hulle
nodig het om deurdagte en ingeligte besluite te neem wanneer hulle hul stemme
in die komende verkiesing uitbring. Deur verteenwoordigers van verskillende
politieke partye bymekaar te bring, beoog Radio Nfm om 'n omvattende oorsig van
hul platforms, beleide en visies vir die gemeenskap se toekoms te verskaf.
Related News