Polisie in Kimberley arresteer vier verdagtes op dwelmaanklagte
Die polisie in Kimberley in
die Noord-Kaap het vier verdagtes vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Die
Operasie Vala Umgodi-span het drie verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle
inligting oor dwelmverkope naby die Dingaan-hostel, ‘n perseel in Galeshewe, en
in die omgewing van Barkleyweg ontvang het. Die span het toe ‘n 30-jarige man
in hegtenis geneem wat tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie van ‘n beweerde
dwelmhandelaar weggery het. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê
beamptes het beslag gelê op mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van
65-duisend rand.