By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 29 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Premier Saul, het die Vryheidsdagvieringe gelei
Die premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het Saterdag
die Vryheidsdagvieringe in Keimoes in die ZF Mgcawu-distrik gelei onder die
tema, "30 jaar van demokrasie, vennootskap en groei." Hierdie
Vryheidsdag was gevier vir die vordering wat oor die afgelope drie dekades van die
demokratiese reis gemaak het. “Ons eer ook die opofferings van onbesonge helde
en heldinne wat geveg het vir ons vryheid en 'n nasie wat werklik demokraties,
gelykheid, verteenwoordigend, regverdig en vry van alle vorme van diskriminasie
is.” Premier Saul het in sy toespraak 'n pleidooi aan almal gedoen om die
suksesse van ons demokrasie te verdedig.
Related News