By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 29 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Noord- Kaap-polisie slaan prioriteitsmisdade toe, 179 verdagtes is gearresteer
Met die oog op prioriteitsmisdade, het die Noord-Kaapse
polisie hierdie week hoëdigtheid-operasies regoor die provinsie uitgevoer onder
die vaandel van Operasie Shanela. Die operasie het gelei tot die
inhegtenisneming van 179 verdagtes, insluitend 121 gesoekte verdagtes wat die
polisie ontduik het. Die verdagtes, volgens provinsiale polisiewoordvoerder,
kolonel Cherelle Ehlers, is gesoek in verband met ernstige misdade soos moord,
aanranding, geslagsgebaseerde geweld, dwelmverwante misdrywe, roof en poging tot
moord. Die operasie het behels dat multi-dissiplinêre spanne padblokkades,
voertuigkontrolepunte en hoësigbaarheidspatrollies regoor die provinsie
uitgevoer het, waartydens 6 195 individue en 3 015 voertuie voorgekeer en
deursoek is.
Related News