By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 01 May 2024Language: AfrikaansCategory: Health
Strewe om die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in 'n 'State of the Art'-fasiliteit te omskep
In die Noord- Kaapse departement van
Gesondheid se strewe om die werksomstandighede van gesondheidspersoneel te
verbeter en die interne standaard bedryfsprosedures in
gesondheidsorgfasiliteite regoor die provinsie verder te versterk, het die
Noord-Kaap LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene die bekendstelling van die
nuut opgeknapte kombuisfasiliteit by Robert Mangaliso Sobukwe hospitaal vandag
in Kimberley behartig. Dit is in ooreenstemming met die verbintenis wat LUR
Lekwene in die vorige boekjaar gemaak het om die Robert Mangaliso
Sobukwe-hospitaal in 'n 'State of the Art'-fasiliteit te omskep. LUR Lekwene
het in sy opmerkings die bestuur en personeel van die hospitaal bedank vir die
versekering van stabiliteit in die lewering van gesondheidsdienste aan
gemeenskappe.