By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 01 May 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Werkersdag word in verskeie lande, insluitende Suid-Afrika vandag gevier.
Werkersdag is
'n nasionale vakansiedag wat die werkers van 'n land huldig. Dit word in
verskeie lande, insluitende Suid-Afrika gevier. Dit hou histories met die
arbeidersbewegings en die Meidagfeesvieringe in ander dele van die wêreld verband. Werkersdag word sedert 1994 in
Suid-Afrika waargeneem en val jaarliks op 1 Mei. Dit het sy oorsprong in die internasionale stryd van
werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers, hul soeke na
regverdige indiensneming en die vestiging van menseregte en werkerregte in die
werkplek. Voor 1994 is die dag deur vakbonde in Suid-Afrika vir protesoptogte
teen die destydse apartheidsregering se rassebeleid ingespan.