By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 01 May 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Poffer kragonderbreking kry nodige aandag
Khâi-Ma Munisipaliteit is bewus van die huidige
kragonderbreking wat sommige inwoners van Pofadder raak. Die munisipaliteit
werk hard daaraan om die krag so vinnig moontlik te herstel. Die munisipaliteit se Elektriese afdeling is besig om die nodige
hulpbronne te versamel om sodoende die probleem aan te spreek. “Ons vra om
verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.Ons sal voortgaan om
opdaterings te verskaf sodra dit beskikbaar word,” het
die Munisipaliteit gesê.