By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 02 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Vedanta Zinc International is toegewyd om 'n werkplek te verseker waar al hul kollegas veilig kan voel
In Vedanta Zinc International se
pogings om die werkplek te transformeer, is die mynreus toegewyd om 'n werkplek
te verseker waar al hul kollegas veilig kan voel. “Ons wens al ons
Suid-Afrikaanse kollegas 'n gelukkige Werkersdag toe, het Vedanta Zinc
International gister gesê. “Ek is trots om deel
te wees van 'n organisasie waar die welsyn van al ons kollegas en
belanghebbendes topprioriteit is. By Vedanta glo ons dat ons kollegas ons
grootste aanwins is en ons maak seker dat ons alle maatreëls instel om 'n
werkplek te verseker wat net so veilig en regverdig is. 'n Gelukkige Werkersdag
word julle almal toegewens,” het Chris Griffith, Uitvoerende hoof Vedanta
basismetale, gesê. “Wat ek die meeste waardeer om vir Black Mountain te werk,
is dat die maatskappy nie net produktiwiteit prioritiseer nie, maar ook kyk na
die verskaffing van geleenthede om oor alle aspekte van die besigheid te leer.
Dit maak elke dag fassinerend en vol geleentheid vir groei,” het die Tebogo
Senoamadi, Myn beplanner gesê.
Related News