Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele, gaan hierdie week ‘n breëbandprojek in die Pixley ka Seme-distrik in die Noord-Kaap van stapel stuur. Die projek vorm deel van ‘n verbintenis van die departement om 80 persent internetverbinding hierdie jaar te bereik. Gungubele sal môre in die provinsie wees vir hierdie langverwagte projek. Die minister sal ook bewusmaking oor die uitsaai-digitale migrasieprojek en analoog-afskakeling skep.