By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 13 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Jeug kry geleentheid tot 'n gesprek van nasionale belang
Die NCR TVET Kollege Namakwaland Kampus in samewerking met
Radio Nfm bied ‘n geleentheid aan om die jeug te verwelkom tot 'n gesprek van
nasionale belang. Die geleentheid dien as 'n huldeblyk aan Vryheidsdag, terwyl
dit ook die klem lê op die belangrikheid van jeugdeelname aan verkiesings
tydens hierdie jaar se nasionale en provinsiale verkiesings. Die saal loop oor
van energie en opgewondenheid soos studente en belanghebbendes saamgekom het om
die pad vorentoe te bespreek vir ons demokrasie. Die verwelkomingsrede, vol
elegansie en passie, het die toon gesit vir 'n dag van refleksie, aktivering,
en uitdagende gesprekke. Die gesprekke gaan fokus op die waarde van elke stem
en die betrokkenheid van jongmense in die vorming van die land se toekoms.
Hierdie gebeurtenis beklemtoon die belangrihied van 'n inklusiewe en aktiewe
burgerskap, en studente en belanghebbendes word aangemoedig om hul stemme te
laat hoor.
Related News