Die Provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, die adjunk-provinsiale kommissaris vir korporatiewe dienste, generaal-majoor Thabo Mphuthi, en die waarnemende provinsiale kommissie vir misdaadopsporing, generaal-majoor Jacques Raymond, het gister die sleutels van 63 nuwe polisievoertuie aan polisiekantore regoor die provinsie oorhandig. SAPD se provinsiale woordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het gesê die nuwe vloot bestaan uit 40 Toyota-dubbelkajuit- en 23 Isuzu 4×4-dubbelkajuitbakkies wat geskik is vir die werkende terrein van die provinsie. Luitenant-generaal Otola het gesê dat die nuwe voertuie misdaadbekampingsoperasies, soos Operasie Shanela en Operasie Vala Umgodi, in die provinsie sal bevorder.