By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 15 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Werknemer van Vedanta Zinc Intenational praat met trots van haar werkgewer
Terwyl Black Mountain werkersmaand vier, het een van die mynreus se
werknemers Bernelee Saal, wat werksaam is by die Gamsberg Plant die volgende te
sê oor haar wergewer. “Wat
my gemotiveerd hou om by Vedanta Zinc International te werk, is die feit dat ek
weet ek is deel van iets wat groter is as ekself. Die maatskappy bied my
geleentheid om te leer, groei en myself op baie maniere uit te daag. Ek kan
getuig dat ek baie meer toegerus is met ondervinding en kennis as toe ek die
eerste keer begin het. Mei-maand is Werkersmaand.