Die laaste Huissitting van die 6de Wetgewer het gister plaasgevind en  Adjunkspeaker die eerbare Mangaliso Matika, het die sitting voorgesit. Speaker Newrene Klaaste het die nalatenskapverslag ter tafel gelê, 'n omvattende verslag wat die prestasies en uitdagings aanteken. Ook ingesluit in die verslag, is aanbevelings vir die komende 7de Wetgewer. Hierdie verslag is 'n eerste sedert die ontstaan van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer en dien as 'n mylpaal vir die uittredende 6de Wetgewer. Speaker Klaaste het in haar opmerkings alle LP's en amptenare bedank vir hul toewyding en geweldige ondersteuning gedurende hierdie ampstermyn