By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 15 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Opgeknapte Rooiwal kliniek gister ge-open
Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul tesame met
die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Maruping Lekwene het gister die opgeknapte
Rooiwal kliniek ge-open. Die gebou was erg beskadig nadat dit onder vandalisme deur
geloop het. Dit het daartoe gelei dat die gemeenskap van Rooiwal mediese sorg
ontvang het van Vioolsdrift Kliniek en het soms gesukkel om daar uit te kom. Die
opknapping van die kliniek het aan die plaaslike inwoners werk geskep
insluitend vrouens. Dit is toegerus om gesondheidsdienste in die gemeenskap te
verbeter en meer mense toegang tot kwaliteit mediese sorg te bied. Die opening simboliseer 'n stap vorentoe in
die versterking van plaaslike gesondheidsorgdienste.