By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 16 May 2024Language: AfrikaansCategory: Other
Eskom het gefaal om die nuwe transmissielyne te bou wat hy beplan het
Eskom het
die afgelope jaar gefaal om die nuwe transmissielyne te bou wat hy beplan het. Dít
ondanks die dringende behoefte om die netwerk uit te brei sodat meer nuwe
kapasiteit gekoppel kan word. Netwerkbeperkings, veral in die Noord-, Wes-, Oos
Kaap het die afgelope jaar verhoed dat nuwe wind- en sonkragprojekte voortgaan.
Hierdie drie provinsies is die beste streke vir hernubare energie. Eskom het
met die 2023/24 boekjaar beplan om 166 kilometer se transmissielyne in vyf
projekte te bou. Slegs drie projekte, wat 74 kilometer se lyne uitmaak, is
egter voltooi.