Politieke debatte is noodsaaklik vir demokrasie, wat 'n platform bied vir kandidate om hul standpunte te verwoord, interaksie tussen die politieke kandidate en deelnemers met mekaar oor belangrike kwessies help dit die kiesers om ingeligte besluite te neem, vir watter party om te stem in die opkomende verkiesing wat gaan plaasvind op 29 Mei 2024. Radio Nfm het die afgelope maand begin met haar politieke debatte wat tot op hede sukses opgelewer het. Nfm het begin in die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, gevolg deur Khâi Ma, Richtersveld en gisteraand die Kamiesberg munisipaliteit. Wat algeneem voorkom in die munisipaliteite is dat dienslewering ‘n uitdaging is. Radio Nfm gaan in die komende week haar laaste politieke debat hou, wat glo dat dit vele luisteraars op hul tone sal hou. Nfm sal binnekort bekend maak waar die laaste debat gaan plaasvind.