By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 22 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Radio Nfm laaste politieke debat beloof om groot opslae te maak
Radio NFM het 'n paar weke
gelede hul amptelike politieke debatte van stapel gestuur. Die doel met die
debatte is om die inwoners voor te berei vir vanjaar se nasionale en
provinsiale verkiesings, wat Woensdag 29 Mei gaan plaasvind. Gemeenskapslede en ondersteuners van politieke partye het die afgelope paar weke in hul nommers opgedaag om hul kommer uit te spreek aangaande die dienslewerins uitdagings wat hulle in die gesig staar is onder andere krane wat droog loop, elektrisiteits, dienste rekeninge, werkloosheid, en gesondheidskwessies. Plaaslike leiers van politieke partye is tydens die debatte gepeper met vrae na die soeke na oplossings. NFM berei nou voor vir die finale politieke debat wat hierdie môremiddag in Springbok by die Polisie Klubhuis, vanaf vier uur namiddag sal plaasvind.
Related News