Die YWD Enterprise Development oorhandiging het vandag by die Concordia gemeenskapsaal plaasgevind. Dit is 'n program wat geïnisieer is deur die Premier Zamani Saul se kantoor, onder leiding van die LUR in die departement van vroue, jeug, persone met gestremdhede, kommunikasie en e-regering. Meer as R4 miljoen is aan sowat 240 begunstigdes oorhandig, hoofsaaklik vroulike entrepeneurs wat verlede jaar aansoek gedoen het vir befondsing toe die program op 31 Augustus van stapel gestuur was. NFM het met die Premier en LUR gesels wat baie opgewonde was om die oorhandiging te doen. Hulle doel was om besighede 'n hupstoot te gee sodat die kommerwekkende werkloosheidsyfer in die Noord-Kaap aangespreek kan word. Die delegasie is nou oppad na Rooiwal om die skoonmaakprogram te gaan afhandel.Intussen gaan die Noord-Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul, en die LUR verantwoordelik vir Openbare Werke, Mev. Fufe Makatong, vanmiddag die Rooiwal Rooting Out the Dust-projek gaan bekendstel. Die regering beoog om toegangspaaie en interne paaie op te gradeer as deel van hul bydrae tot landelike ontwikkeling. Hierdie inisiatief sal 'n groot aantal werksgeleenthede skep en bydra tot die toeganklikheid en verfraaiing van dorpe.