By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 23 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Biodiversiteit is belangrik vir Vedanta Zinc International
Hoekom is Biodiversiteit belangrik in ons area? Was die
vraag wat Vedanta Zinc International gevra het, met die viering van Biodiversiteitsdag
wat gister plaasgevind het. Die Vetplant-Karoo, waar Black Mountain Mine Complex
geleë is, is die wêreld se enigste droë biodiversiteit-brandpunt en is die
tuiste van die grootste konsentrasie vetplantspesies wêreldwyd – sowat 6 400
plantspesies waarvan 40% endemies is. Ons glo in mynbou met sorg en ons beskerm
en bewaar aktief 153 verskillende endemiese plantspesies en 164 000 individuele
plante, in ooreenstemming met die mynreus se lisensie om te myn. “Wat doen jy
om biologiese diversiteit te beskerm en te bewaar?” het Vedanta Zinc International
gevra.