Radio NFM het 'n paar weke gelede met haar amptelike politieke debatte afgeskop om die inwoners voor te berei op vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings wat op Woensdag 29 Mei plaasvind. Gemeenskapslede en ondersteuners van politieke partye het die afgelope paar weke in hul getalle opgedaag om hul bekommernisse te uiter oor 'n verskeidenheid dienslewering-uitdagings, insluitend droë krane, elektrisiteits- en diensrekeningprobleme, werkloosheid en gesondheidskwessies. Plaaslike politieke leiers is tydens die debatte uitgedaag met vrae oor die soektog na oplossings. NFM is gereed om haar laaste politieke debat vandag om vier uur by die Polisie Klubhuis in Springbok te hou.