By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 24 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Regstappe teen Noord-Kaapse LUR ingestel weens kliniek se lêers in veld
’n
Strafregtelike klagte is teen die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid ingedien
weens swak mediese diens asook die onwettige hantering van persoonlike mediese
inligting. Andrus Strauss, Hope4SA-party se premierskandidaat en ’n inwoner van
Upington, het Woensdag die klag teen LUR Maruping Lekwene in Kimberley
aanhangig gemaak. Mediese lêers met persoonlike inligting van pasiënte is die
afgelope maand in ’n veld langs die 8SAI-weermagbasis in Upington gestort, waar
Strauss daarop afgekom het. Die dokumente bevat vertroulike inligting soos
individue se volle name, vanne, ID-nommers en ander belangrike gegewens. “Dit
is ’n ernstige oortreding van hul regte en veroorsaak onherstelbare skade aan
die privaatheid en waardigheid van die betrokke persone,” sê Strauss. Lekwene
word aangekla van beweerde nalatigheid en oortredings van die Wet op die
Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).
Related News