By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 24 May 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Noord-Kapenaar gevonnis vir kubermisdaad
Die De
Aar-streekhof in die Noord-Kaap het gister ’n 38-jarige man tot vyf jaar
tronkstraf gevonnis vir kuberbedrog. Elrico Kasper het op sosiale media geplaas
dat sommige mense beplan om president Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan De
Aar vir die Menseregtedagviering verlede jaar te vermoor. Kasper het erken hy
het die plasing geskep uit frustrasie met sy werkloosheid. Hy het tot en met sy
vonnisoplegging talle hofverskynings gemaak. Die Valke sê hulle hoop dié vonnis
skrik ander oortreders van kubermisdade af en maak mense bewus daarvan dat die
verspreiding van vals inligting tot vervolging sal lei.