By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 28 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Vreedsame spesiale stemproses aan die gang
Op Maandag 27 Mei 2024 het duisende Suid Afrikaners hul
burgerlike plig nagekom deur hul spesiale stem in die nationale en provinsiale
verkiesings uit te bring. Die atmosfeer was kalm en vreedsaam in die Namakwa
Distrik, en die proses het glad verloop, alhoewel daar sporadiese tye van
stadige vordering was. Die verkiesingsbeamptes was vriendelik en behulpsaam, en
het gemeenskapslede mooi deur die proses gehelp. Die opkoms en teenwoordigheid
van politieke partye was bemoedigend en het getoon hoe belangrik hierdie
verkiesing vir almal is. Altesaam was dit ‘n positiewe en veilige ervaring, met
min tot geen voorvalle van ontwrigting.